PLAASLIKE BEWARINGSFORUM ONTBIND

MOSSELBAAI NUUS – Die Mosselbaai Kusfront Bewaringsforum het na 15 jaar besluit om te ontbind.

Hulle het elke jaar hulle Kersdiens se kollekte aan Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum op George geskenk.

Die Kusfront het ontbind, as gevolg van die Santos/Bakke karavaanparke wat geprivatiseer is. Die Kusfront se grondwet bepaal dat die geld wat nog beskikbaar is naamlik: R56 787 aan Môreson geskenk moet word, asook verlede jaar se kerskollekte van R4 690.

Hier oorhandig Johan Steenkamp, tesourier van die Kusfront Bewaringsforum, die tjek aan mev Lindholm, bestuurder van Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum.

Read more: https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/mosselbaai-kusfront-bewaringsforum-ontbind-201807041156