Welkom by

Mosselbaai Kusfront se Nuus Blad!

In 2003 het die Stadsraad, sonder om die kampeerders te raadpleeg, ‘n kontrak met AttPower onderteken om die karavaanparke tot niet te maak en te herontwikkel. Die kontrak het die volgende parke ingesluit: die Punt, Santos, De Bakke en Diaz-oord. Ontstoke kampeerders was nie gedient met die vernietiging van hulle erfenis nie en die Mosselbaai Kusfront is gebore.

Hier kan u gratis registreer vir ons e-posnuusbrief of SMS – kennisgewings vir vars nuus van die Mosselbaai Kusfront se werksaamhede. Of kontak ons direk vir raad of enige vrae wat u mag hê.